In die middel van die wereld, in die middel van ’n vlei, het ’n vrolike knapie by sy oupa gebly. Sy naam was Huppel, en sy een groot begeerte was om tog ’n maatjie te he. Sy oupa beduie toe mooi vir hom hoe hy moet maak om ’n maatjie te kry. En toe Huppelkind doen wat sy oupa se, kry hy meer maatjies as wat hy ooit van kon droom. Hy maak kennis met Fiefman en Diefman, met Vlak-Floors en Vlei-Floors, met Wielie en Walie, met Haak en Steek, met di ...
“Ma-hulle is nog weg toe ek by die woonstel aankom. Lappies hink agter my aan. Ek gaan sit op Pa se leunstoel en staar na die akwarium. Die suurstof gons eentonig. Ek maak my oe toe. Dit voel of ek dryf. “Ek dryf in water. Dis lou. Toe ek my oe oopmaak, sit ek in die Buick. Sy’s vol water. Die paneelkissie is oop. Wier groei dig daaruit. Op die paneelbord is helder see-anemone. Hulle voelhorings wieg in die water. ’n Engelvis swem voor my gesig ...
Lans werk by ’n hotel langs die nasionale pad, naby die Hardapreservaat in Suidwes. Dis sy werk om vir Jesha, die kameel, op te pas. Eers was sy vir almal ’n aardigheid, maar nou staan sy verwaarloos, jaarin en jaaruit in die bloedige son – ingehok in ’n kampie. Niemand gee vir haar om nie, net Lans. Elke middag, wanneer sy werkies klaar is, gaan hy op die hitte van die dag stap. Na die goeie reens staan die gras sag soos pluis, nie groen nie ma ...
Liewe leser. Hierdie boek kom met ’n waarskuwing – sien bladsy 1. Neem dit ernstig op. NIE VIR SENSITIEWE LESERS! BreinBliksem is Fanie Viljoen se eerste roman. Hy se oor die boek: “’n Paar jaar terug, met die Granaat Rockfees in Bloemfontein, het ek ’n laaitie van so vyftien, sestien gesien met ’n ketting om sy nek. Dit was nie ’n hangertjie nie, maar ’n ketting soos die waarmee jy ’n hek sou toesluit. Ek het begin wonder wat in sy lewe aanga ...
“As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in ’n laundromat ontmoet, het ek seker gese: Hoekom nie? In ’n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier soos skilfers op ’n ongesonde kopvel gestrooi le? Sure! Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks se nie. Dis soapie-materiaal. E ...
En nou is Oupa siek. Oupa wat haar kleindag leer fluit het soos geen ander mens kan fluit nie, wat haar geleer het om lief te wees vir die donker, en wat haar vertel het van die robyne en die kgatas in sy bos. Oupa wat dae lank in sy bos kon rondloop en gese het: “God het bome gemaak as die kroon van alle natuurdinge.” Sy wil na Oupa toe gaan waar hy op Makierie in die hospitaal le, ver weg van sy houthuisie en bome en voels en boeke. Maar Ouma ...
Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek het! Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kan. “Hierdie hopie sprinkaanbene . . . Is dit ’n kind? Is dit myne?” Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, toe al. En toe hoor ek ook die ander ding, dit wat suster Van Schalkwyk van my gese het. Dit wat sy gese het ...
Daar is ’n spookplaag in die dorp! ’n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en die spook van ’n Spaanse bulvegter wil sommer by Otto en sy tante kom intrek. Maar drie huisspoke en ’n pratende vlermuis is reeds heeltemal genoeg – Otto het beslis nie nog ’n huismaat nodig nie. Waar kom al hierdie verlore siele vandaan? En hoe gaan hulle van hulle ontslae raak? Wanneer ’n vreemde man opdaag wat kamtig Anti-Spooks ...
Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Na wat met haar gebeur het, is dit dalk die ...