In Heilige beeste (1945), Opperman se debuutbundel, is die belydende inslag en die religieuse stryd van die Louws se eerste bundels feitlik geheel en al afwesig en beoefen hy ? veel meer beeldende poesie as sy voorgangers. Daarby laat vaar hy die chronologiese of achronologiese basis vir sy rubrisering en maak hy ? verdeling wat op die temas van “die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees” uit die titelgedig berus. – J C Kannemeyer. ...
Alhoewel reeds vroeer as motief aanwesig, vind die besinning oor die kunstenaarstaak besondere gestalte in die bundel Engel uit die klip (1950), ? titel waarmee hy andermaal die spanning tussen die goddelike en aardse aandui, nou met die aksent op die verlossingsmotief. Nie alle gedigte handel egter oor die kunstenaarstaak nie. – J C Kannemeyer ...
Edms. Bpk. (1970), dui op die beperktheid van die menslike lewe en besit en die kleiner wereld van die bundel, dikwels die vertroude terrein van Franskraal. Alhoewel die verse meestal die magtige greep en groot konstruksies van vroeer mis, is die bundel tog as ? duidelike eenheid gekonsipieer. – J C Kannemeyer ...
Dolosse is ? losser versameling verse, al is die “dolos”-motief in die betekenis van beskawingsreste of simbole van ? verlede en voortekens van ? dikwels somber en uitsiglose toekoms ? dominerende faktor in die bundel. Die verse het dikwels Europese reisindrukke of die wereld van Franskraal as agtergrond, maar die basiese problematiek word gekonsentreer op die noodlotsgang van die Afrikanervolk, die ganse Westerse beskawing en die mens in sy aft ...
Met Blom en baaierd (1956) bou Opperman deur die reeksstruktuur, parallelismes, sirkulering van simbool en beeld en tipografiese rangskikking ? hegte bundeleenheid op. In hierdie bundeleenheid verteenwoordig “Oud-digter” en “Paddas” onderskeidelik futiliteit en die bose teenoor sinvolheid en die goeie. Al die gedigte tot “Nagwag” staan in die teken van die Suid-Afrikaanse “kleur”-aktualiteit, terwyl die lyding in die tweede helfte van die bundel ...
"As ’n mens Diederik Johannes Opperman (1914-1985) se poesie met die van die Dertigers vergelyk, is dit opvallend dat hy van die begin af ’n veel minder belydende inslag toon en veel meer oopgestel is vir die Suid-Afrikaanse werklikheid in sy verskillende geledinge. Daarby groei sy poesie, ten spyte van hierdie aardsheid en konkreetheid, uit tot ’n stryd tussen die hemelse en aardse, tusssen die goeie en die bose en tussen orde en chaos, ’n ...
Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is ’n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die “roaring 40s” en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, ’n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die gewe ...
Die poesie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naude se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poesie is ’n ander manier van kyk – die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wereld iets anders, dit word nuut, iets wat van voor ontdek moet word. Die poesie, wys Naude, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Nau ...
Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper en medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier en die oorweldigende kosmos. Filosofies en literer is dit ’n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit ...