Jukstaposisie se titel dui reeds aan dat dinge (en afdelings) naas mekaar gestel word om sowel die teenstellings as die ooreenkomste op digterlike wyse te betrag. Die gedigte is ’n verwondering oor die grootsheid van God se skepping, wat in sy wese teenstellend en paradoksaal is, met die teenstelling self ’n wonder. So word daar verbande gevind tussen die mees disparate dinge wat vernuftig van verskeie hoeke verken word, terwyl alles op ’n manie ...
In die bundel, wat in 1987 met die Ingrid Jonker-prys bekroon is, bied die digter mooi indrukke van lewe in die Noordweste; fyn beskrywende, gedetailleerde natuurgedigte staan naas verse wat heelwat se oor die mens se verhouding met sy omgewing. Die digter se besonder skerp waarnemingsvermoe is in elke vers aanwesig. ...
'n Keur uit al die digbundels van hierdie Hertzopgpryswenner, een van die heel belangrikste skrywers in Afrikaans. Die skrywer het self die keuse van 137 gedigte uit haar sewe digbundels gedoen. (Vir die bysiende leser, Spieel van water, Van vergetelheid en van glans, Monsterverse, Die heengaanrefrein, Aan die Kaap geskryf, Spesmase.) Resensente oor haar digkuns: vernuftige eenvoud, ’n suiwer poetiese visie, aards, ironies, vol verwondering ...
J.C. Steyn se debuut-digbundel plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde. Die digter skram weg van sentiment, maar lewer tog ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse liefdespoesie. ...
'Firepool' is a chronicle of South Africa in the ‘second transition’ – one in which the foundations of the post-apartheid settlement are being shaken and questioned in all kinds of ways. From the complex legacy of artists like Moses Taiwa Molelekwa and JM Coetzee to the #FeesMustFall protests, from the N2 highway to the gnawing uncertainty of our nuclear future, Hedley Twidle treats serious subjects with a sense of playfulness, mischie ...
Dit is moeilik om nie deur die kort, onstuimige lewe van Ingrid Jonker geruk en gefassineer te word nie. Die versoeking is dus groot om haar Versamelde gedigte, wat jeugwerk, Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963) en die postuum gepubliseerde Kantelson (1966) insluit, deur die lens van haar veelbewoe biografie te bekyk. Dit sou egter dwaas wees om hierdie dikwels sjarmante en speelse verse slegs te ondersoek soos ’n nuuskierige forensiese sielk ...
Landscapes of Poems is a reader-friendly anthology for Grade 12 Second Additional Language learners, and is based on the Curriculum and Assessment Policy Statement. It provides learners and educators with insight into Southern African poems as well as a better understanding of others from around the world. The poems are presented in two sections: • poems from the canon of English poetry, as well as tools to interpret different poetic ge ...
In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige en aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook na die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesebare op te roep (“daar jou taak, leesskrywer, kyk:/ om die niet ...